Brandwag se topmatrikulant van 2024, Tiaan Meyer, het gister Brandwag se vierkantopening bygewoon sodat die skool sy trofee en sertifikaat aan hom kon oorhandig.
Tiaan is na afloop van die NSS-eksamen as die 2de beste matrikulant in Cluster B aangewys en het ’n Premierstoekenning vir dié prestasie ontvang. Hy het ook die geleentheid gebruik om ‘n paar motiverende woorde met die leerders te deel.